Wednesday, November 30, 2011

Lari & Chantel Christmas Cards 2011

Vir die laaste 3 jaar al maak ek kerskaartjies vir my suster, Chantél en haar vriendin/kolega Lari, wat hulle aan hul kliente uitdeel. 
Dit is nou al 'n groot storie en die verwagting raak elke jaar groter, dus moet ons elke keer 'n haas uit 'n hoed pluk :-))
Ons "brainstorm" so bietjie voor die tyd om 'n tema, look & feel te bepaal en kom dan bymekaar vir 'n fotosessie (waar ons sooooo baie FUN het) waarna ek die kaartjies ontwerp.
Die fotosessie het hierdie jaar baie goed uitgewerk itv tyd en ek kon dit neem toe ek onlangs in die Kaap was.

Ons het by Bloubergstrand bymekaar gekom op die perfekste en mooiste dag! Lari en Chantel was vol grappies en dit het my werk baie maklik gemaak! Hier volg 'n paar fotos wat tydens die fotosessie geneem is asook die finale ontwerp van die kerskaartjies. Baie dankie aan PaperChefs in Franschhoek vir die printing en vinnige en awesome diens!



 Links is my suster Chantél en Lari is regs, so mooi julle :-))